So raak al die leerders van Stoffberg bewus van iets aan die gebeur in hulle skool.

‘n Vreemde eier hang vir 3 dae uit die bloute in die vierkant... en toe, drie dae later, is daar net ‘n drop en vere en tekens van iets wat nuut en vars in Stoffberg se geskiedenis gebore is.

En ja!

‘n Pragtige mascot wat alles waarvoor ons skool staan uitbeeld: Lojaliteit, Respek, Getrouheid, Eerlikheid, Netheid, Dissipline en Christelike Normes en Waardes.

Stoffeltjie laat elke Stoffberghart warm klop en helder elke laerskoolkind in Brakpan se ogies behoorlik op!