Landloop by Hoërskool Stoffberg gaan van krag tot krag en het oor die afgelope paar jaar geweldig gegroei. Ons strewe is om die atlete die sport te laat geniet en daarom bestaan oefeninge uit 'n verskeidenheid van aktiwiteite soos spoedsessies (aflosresies), stamina en uithouvermoë (lekker trappe hardloop), padwerk en "palmbomevleg".

Oefeninge vind plaas in die middae en die atlete geniet die saam oefen en saam sweet. Ons trek motorbande, hardloop trappe, vleg deur die palmbome, hardloop aflos en doen afstand – alles in 'n goeie gees.

Elke jaar neem Stoffberg-leerders van alle ouderdomsgroepe deel aan die Gauteng-kampioenskappe waar hulle baie goed presteer. Ons sien uit na elke nuwe seisoen met nuwe uitdagings wat die Stoffies nie afskrik nie!